WELKOM BY LUILEKKERLAND

Kokanje Aftreeoord

Op ‘n boomryke stuk Bosveldgrond, 90ha groot, pryk Kokanje. Dit is geleë in die munisipale gebied van Nylstroom (Modimolle) met sy ideale klimaat en onbesoedelde lug.

Geriewe en

versorging

Beskikbare

eenhede

Lewensreg en behuising

aansoekvorm

MAAK DIE SKUIF NA DIE BOSVELD MAKLIK

LEER MEER OOR KOKANJE

Kokanje is ‘n Aftreeoord wat oorspronklik deur die Vereniging van Staatsamptenare van Suid-Afrika ontwikkel is. Kokanje Aftreeoord is ‘n maatskappy sonder winsoogmerk wat volledig voorsien in die behoeftes van senior burgers wat reeds afgetree het of binnekort aftree en nog onafhanklik wil wees, maar tog van behoorlike versorging seker wil wees wanneer gesondheidsomstandighede dit noodsaak.

KOKANJE AFTREEOORD

GERIEWE EN VERSORGING

Kokanje bied ‘n hele reeks fasiliteite om in elkeen se sport- en sosiale behoeftes te voorsien. Die indrukwekkende Sportsentrum maak voorsiening vir pluimbal, gimtrim, snoeker, tafeltennis, kunsklasse, naaldwerkklasse en nog meer asook ‘n puik gholfbaan wat net 3km van Kokanje geleë is.

KOKANJE AFTREEOORD

beskikbare eenhede

Eenhede vanaf 2 Slaapkamers en 1 badkamer tot eenhede met 3 slaapkamer en 2 Badkamers.

ONS RESENSIES

wat SÊ mense oor ons

Mike Hendricks

Het vriende besoek wat daar woon. Baie netjiese en goedversorgde terrein. Sekuriteit op die perseel en op patrollie. Sommige wilde diere woon op die eiendom.

Marius Wentzel

Ken die plek al vir die afgelope 23 jaar. Vreedsaam, pragtig en ontspanne. Die mense is vriendelik en gee baie om vir mekaar.

Floris Schoeman

Kokanje is ’n lieflike aftreeoord naby die dorp Modimolle in die Limpopo-provinsie. Die natuurlike bome is behou en daar is volop voëllewe en klein diertjies. Die mense is gelukkig en ontspanne. Daar is ’n eenheid vir verswakte inwoners.

KOKANJE AFTREEOORD

kontak ons gerus

KOKANJE AFTREEOORD

lewensreg en behuising

‘n Okkupasiereg word aan die okkupeerder en mede-okkupeerder verkoop en ‘n skriftelike kontrak word tussen die koper(s) en Kokanje Aftreeoord aangegaan. Die verkryging van okkupasiereg beteken dat die okkupeerder en mede-okkupeerder lewenslange inwoningsreg verkry van ‘n spesifieke wooneenheid teen die betaling van ‘n gespesifiseerde bedrag (na gelang van die tipe woonheid wat verlang word) aan Kokanje Aftreeoord. Geen oordragkoste of registrasiekoste is betaalbaar nie. Gedurende die inwoning word die okkupeerder en mede-okkupeerder ook verseker van maatskaplike en sosiale versorging.

Kontakbesonderhede

As jy enige vrae het of hulp nodig het, kontak gerus ons span.

014 715 2030 / 1 / 2 / 3

Kokanje - All Rights Reserved © 2025

Website designed in collaboration with Pearce Media and Fletch