MEER OOR KOKANJE

LUILEKKERLAND

Kokanje is ‘n Aftreeoord wat oorspronklik deur die Vereniging van Staatsamptenare van Suid-Afrika ontwikkel is. Op ‘n boomryke stuk Bosveldgrond, 90ha groot, pryk Kokanje. Dit is geleë in die munisipale gebied van Nylstroom (Modimolle) met sy ideale klimaat en onbesoedelde lug.

ONS MAAK DIE SKUIF NA DIE BOSVELD MAKLIK

Kokanje Aftreeoord is ‘n maatskappy sonder winsoogmerk wat volledig voorsien in die behoeftes van senior burgers wat reeds afgetree het of binnekort aftree en nog onafhanklik wil wees, maar tog van behoorlike versorging seker wil wees wanneer gesondheidsomstandighede dit noodsaak.

Daar is ‘n hele verskeidenheid komitees wat deur die inwoners gestig en beheer word. Inwoners kies jaarliks tydens die jaarvergadering van die Bestuursvereniging verteenwoordigers uit die inwoners om op die Bestuurskomitee te dien. Die begroting word jaarliks deur die Bestuurskomitee saamgestel en ‘n maandelikse heffing wat op die begroting gebaseer word, is deur die inwoners betaalbaar. Die Bestuurskomitee stel dit graag onomwonde dat dit vir Kokanje as diensorganisasie, ‘n roeping is om aan u ‘n bekostigbare diens te lewer waarop u en ons baie trots kan wees.

Indien u belangstel om deel van die Kokanje-familie te word, kan u gerus die aangehegte aansoekvorm voltooi en per kerende pos of  per e-pos, saam met die bewys van betaling van die aansoekbedrag van R500.00, aan ons terugstuur. Die aansoekbedrag is ten volle by die onttrekking van die waglys terugbetaalbaar.

Bankbesonderhede is op die aansoekvorm aangebring.

KOKANJE DIREKSIE

Andries Visagie

Anton Brits

Ben du Plessis

Charl Stander

Gerhard Keyter

Jan Delport

Johan de Beer

Nelius van der Merwe

Roelof Burger

Willie Swanepoel

Kokanje - All Rights Reserved © 2025