Beskikbare Poste

Administratiewe Beampte / Kassier

Kokanje Aftreeoord beskik oor gemelde vakature.  Die geskikte kandidaat sal direk aan die Finansiële Bestuurder rapporteer. Doel van die pos is om 'n effektiewe administratiewe en ondersteunende funksie aan die Kokanje Administratiewe Kantoor en Kokanje Versorgingsdienste te verleen.

Take sal insluit:

  • Algemene kantooradministrasie.
  • Kassier.
  • Hulp aan inwoners ten opsigte van e-posse, afskrifte, ens.
  • Administratiewe hulp aan die Versorgingsdienste-afdeling.

Vereistes vir die pos:

  • Minimum 3 jaar ondervinding in bogenoemde kerntake
  • Moet administratief georiënteerd wees en akkuraat en sistematies in ‘n besige en dinamiese omgewing kan werk.
  • Rekenaarvaardigheid in die volgende programme:  Kennis van Pastel, MS Word en Excel.
  • Goeie kommunikasie- en skryfvaardighede in Afrikaans en Engels.
  • Graad 12.
  • Enige toepaslike tersiêre kwalifikasie sal as voordeel dien.
  • Goeie menseverhoudinge.

In ruil vir u kundigheid bied Kokanje ‘n uitdagende en aangename werkgeleentheid en

mededingende vergoedingspakket.

Indien u aan die vereistes voldoen, word u uitgenooi om ‘n bondige CV saam met gewaarmerkte afskrifte van u matrieksertifikaat asook enige verdere kwalifikasies sonder

versuim aan die Uitvoerende Bestuurder by e-pos pa@kokanjeaftreeoord.co.za

te stuur.  Geldige verwysings van alle vorige posisies beklee noodsaaklik.

**NB: 

Verkry eers ʼn aansoekvorm deur pa@kokanjeaftreeoord.co.za te kontak.**

SLUITINGSDATUM:

10 Mei 2024

Indien u nie binne 7 dae na die sluitingsdatum van ons

hoor nie, beskou u aansoek as onsuksesvol.

Kokanje - All Rights Reserved © 2023